Ons visie is om te streef om die beste te wees in wat ons doen en die effektiefste diens en kennis aan ons kliente te bied.
Botha & Venter Prokureurs spesialiseer in eiendomswet, litigasie, kommersielewet, familiereg en erfreg.
In ons huidige kompeterende eiendomsmark en met menige nuwe wetgewing en regulasies is dit vir ons belangrik dat alle transaksies reg, vining en professioneel hanteer moet word. Tyd is geld vir elkeen van ons in die eiendomsmark en vir hierdie rede onderneem Botha & Venter om prioriteit te gee aan elke klient se transaksie.
Al ons akte wat by die Aktekantoor ingedien word, word deur ‘n profesionele span deurgegaan, onderlyding van Ronelle Botha, wat insluit ‘n afgetrede assistant-registrateur van die Aktekantoor. Dit voorkom dat ons maatskappy die minimum, indien enige afkeurings by die Aktekantoor kry. Die profesionele span is beskikbaar enige tyd vir advies en om u by te staan met moeilike kontrakte of transaksies.
Ons glo in ‘n professionele diens, daarom dat Ronelle Botha elke dokument self opstel, en by is by elke ondertekening. ‘n Weeklikse vorderingsverslag word aan elke agent, verbandskonsultant en klient gestuur om hulle op hoogte van die transaksie ten alle tye te hou. Ons maak gebruik van die beste en gevorderste tegnologie beskikbaar.
By Botha & Venter Prokureurs waarborg ons professionele en uitmuntende diens ten alle tye. |